Thursday, October 27, 2016

Die uitdagings verbonde aan die keuse van aftree-inkomste opsies in lewende annuïteitsplanne

Die uitdagings verbonde aan die keuse van aftree-inkomste opsies in lewende annuïteitsplanne

Deur Daniel R Wessels

Eienaars van lewende annuïteitsplanne, d.w.s. persone wat die minimum aftreeouderdom van 55 jaar bereik het en vanuit hul aftreefondse afgetree het, het jaarliks die keuse om hul inkomstevlakke vir die komende twaalf maande te hersien. Op daardie stadium word die afgetredene die opsie gebied om sy bestaande inkomste vanuit die plan in randterme te handhaaf of aan te pas by veranderende behoeftes – solank die gekose inkomste tussen die minimum van 2.5% en maksimum 17.5% van die kapitaalwaarde van die plan is by hersieningsdatum.  ‘n Alternatiewe moontlikheid is om slegs die inkomste-keuse in terme van ‘n gekose persentasie te maak – bv. indien die inkomste die afgelope jaar 5% van kapitaalwaarde was, kan bloot by die 5% keuse vir die nuwe jaar gehou word. Dit beteken dat die nuwe inkomste herbereken sal word op hersieningsdatum en kan natuurlik baie meer of minder wees as vantevore omrede die opbrengs van die beleggingsportefeulje van die lewende annuïteit ‘n direkte invloed op die herberekende inkomste sal hê.

Watter een van hierdie metodes gebruik gaan word om die inkomste vir die nuwe jaar te hersien,  kan ‘n bepalende rol speel of die aftreeplan oor die langer termyn volhoubaar sal wees, m.a.w. die vermoë van die plan om in die inkomstebehoeftes van die afgetredene oor die lang termyn te kan voorsien.

Byvoorbeeld, vergelyk die volgende twee uitkomste. In die eerste geval, verkies die afgetredene om ‘n vaste persentasie keuse (5%) elke jaar te maak. Die toekomstige groei in inkomste is direk onderhewig aan die onderliggende groei  van die beleggingsportefeulje – dit kan dus baie meer of minder as die amptelike inflasiekoers wees, tipies die koers waarteen inkomste behoort te groei. Die gevolg is dat inkomste oor tyd redelik volatiel in vergeleke met die inflasiekoers groei, maar die inherente voordeel hiervan is dat die kapitaalwaardes van die plan oor tyd redelik beskerm sal word (bloot omdat inkomste na afloop van swak opbrengsperiodes dienooreenkomstig afwaarts aangepas sal word).

In die tweede geval kies die afgetredene ‘n vaste randbedrag wat jaarliks daarna met die heersende inflasiekoers aangepas word.  Dit het tot gevolg dat inkomste direk in lyn met inflasie beweeg, maar die kapitaalwaardes van die plan mag vinniger daal omrede beleggingsopbrengste volatiel van aard is en nie elke jaar ‘n styging van inkomste met inflasie noodwendig kan onderhou nie. In hierdie geval is die gekose inkomste nie onderhewig aan die onderliggende groei van die beleggingsportefeulje nie.

Ter illustrasie, vergelyk die twee onderstaande tabelle waar die effek van elke metode aangetoon word.

Opsie 1: Kies ‘n vaste persentasie onttrekking
Period
Value at review date
Income percentage
Rand amount
Portfolio return over past 12 months
Closing value
Inflation over past 12 months
Increase in income
Review 1
                      3,000,000
5.0%
                                          150,000
20%
                         3,420,000
Review 2
                      3,420,000
5.0%
                                          171,000
-5%
                         3,086,550
6%
14%
Review 3
                      3,086,550
5.0%
                                          154,328
12%
                         3,284,089
7%
-10%
Review 4
                      3,284,089
5.0%
                                          164,204
7%
                         3,338,277
4%
6%
Review 5
                      3,338,277
5.0%
                                          166,914
14%
                         3,615,354
6%
2%




Opsie 2: Verhoog die randbedrag by elke hersiening met die inflasiekoers
Period
Value at review date
Income percentage
Rand amount
Portfolio return over past 12 months
Closing value
Inflation over past 12 months
Increase in income
Review 1
                      3,000,000
5.0%
                                          150,000
20%
                         3,420,000


Review 2
                      3,420,000
4.6%
                                          159,000
-5%
                         3,097,950
6%
6%
Review 3
                      3,097,950
5.5%
                                          170,130
12%
                         3,279,158
7%
7%
Review 4
                      3,279,158
5.4%
                                          176,935
7%
                         3,319,379
4%
4%
Review 5
                      3,319,379
5.7%
                                          187,551
14%
                         3,570,283
6%
6%

Dus, watter een van hierdie metodes is die mees geskikte om die volhoubaarheid van die lewende annuïteitsplan oor die langtermyn te verseker? Hier verwys ek spesifiek na twee hoof oogmerke van ‘n lewende annuïteitsplan, nl. die vermoë van die plan om aan die inkomstebehoefte van die afgetredene oor die langtermyn te kan voorsien, en tweedens, tot watter mate word die kapitaalwaarde van die plan beskerm. Nie albei oogmerke is ewe belangrik nie, dit word eintlik deur jou persoonlike finansiële doelwitte en situasie beïnvloed, maar alle ander dinge gelyk, is die voldoende inkomstelewering van die plan oor tyd waarskynlik die belangrikste oogmerk.

Ek kan bostaande numeriese voorbeelde uitbrei om die effek op kapitaal en inkomstelewering van die plan aan te toon.[1] Vergelyk die twee onderstaande grafieke.

Source: DRW Investment Research

Met “kapitaalverlies” verwys ek na die waarskynlikheid dat die plan met die verloop van ‘n langdurige aftreetydperk, sê, 30 jaar, minder kapitaal gaan oorhou as waarmee begin is. Uit die aard van die saak, hoe hoër die aanvanklike onttrekkingskoers (7% en meer), hoe groter is die waarskynlikheid dat kapitaalwaardes onderkant die aanvangswaardes gaan daal of uitgeput sal raak.  Tweedens, die “vaste persentasie”-metode bied aansienlike beter kapitaalbeskerming as die “inflasie-aangepaste, vaste inkomste” metode.

Source: DRW Investment Research

   
Tweedens, met “inkomsteverlies” word verwys na die onvermoë van die plan om oor die langtermyn inflasie-aangepaste inkomste te verseker wat minstens in reële terme ( die uitwerking van inflasie word in ag geneem) ooreenstem met die inkomste tydens aanvang van die plan.[2] Anders gestel, tot watter mate kan die plan daarin slaag om reële inkomste oor die langtermyn op te lewer.  

In hierdie geval, slaag die “inflasie-aangepaste, vaste inkomste” metode beter daarin as met die “vaste persentasie” metode. Byvoorbeeld, met ‘n aanvanklike onttrekking, gelykstaande aan 5% van die kapitaalwaarde, en jaarlikse inflasie-aanpassing daarna, is die waarskynlikheid ongeveer 50% dat die plan nie daarin sou slaag om reële inkomste oor die langtermyn (30 jaar) op te lewer nie.  Die “vaste persentasie” metode, vaar egter nog swakker en sou die waarskynlikheid meer as 70% wees dat dit nie reële inkomste oor die langtermyn kan bewerkstellig nie.

Dus, gegewe die bostaande bevindings en dat die lewering van reële inkomste meestal die primêre oogmerk van die lewende annuïteitsplan behoort te wees, behoort voorkeur aan die “inflasie-aangepaste vaste inkomste” metode gegee te word. Nogtans, die groot dilemma hiermee is dat die jaarlikse inflasie-aanpassings sonder inagneming van die onderliggende portefeuljegroei plaasvind. Derhalwe word eerder ‘n hibriede benadering tussen hierdie twee metodes voorgestel wat poog om die beste voordele van beide metodes te benut.

In die praktyk kom dit daarop neer dat die “inflasie-aangepaste vaste inkomste” metode behoort gevolg te word, maar boonste grense of plafonne (“ceiling rates”) word op die maksimum onttrekking per jaar gestel (ongeag die amptelike maksimum vlak van 17.5%). Dit wil sê, indien die “normale” inkomste-aanpassing hierdie plafon sou oorskry, moet ‘n verhoging slegs tot daardie vlak wat gelykstaande aan die plafonkoers is, aangebring word.

Byvoorbeeld, gestel die volgende verwagte lewensduur/aftreetydperk is van toepassing, dan word ‘n plafonkoers (persentasie van kapitaal) daargestel:
Verwagte lewensduurte (jare)
Plafonkoers (persentasie van kapitaal)
30
6.5%
25
7%
20
7.5%
15
8.5%
10
10%

Indien hierdie benadering gevolg word, sal die resultate, in vergeleke met die twee bestaande metodes, soos volg lyk:

Waarskynlikheid dat gebeurtenis sal plaasvind:
Uitkoms
“Hibriede” benadering
“Vaste persentasie”
“Vaste inkomste”
“Kapitaalverlies”
27%
1%
44%
“Inkomsteverlies”
50%
73%
49%
Source: DRW Investment Research

Dus, hierdie “hibriede” benadering lewer oor die algemeen meer bevredigende uitkomste as die uitkomste van elke metode op sy eie. Natuurlik is dit nog nie ‘n volmaakte oplossing wat 100% sukses van die plan sal  waarborg nie (behalwe as jou aanvanklike onttrekking minder as 4% per jaar is of die plafonkoerse in hierdie voorbeeld laer gestel word), maar dit is alreeds ‘n groot verbetering op die bestaande praktyke wat gevolg word.



[1] Ek verkry ‘n waarskynlikheidsverdeling deur middel van veelvuldige simulasie-resultate (moontlike uitkomste), maar vir die doeleindes van hierdie artikel word die tegniese besonderhede nie hier verskaf nie. Die volledige artikel is op aanvraag beskikbaar by http://www.indexinvestor.co.za/index_files/Retirement_Drawdown.htm

[2] Hoeveel is R1,000 vandag oor 30 jaar werd? Met ‘n inflasiekoers van 6% per jaar oor die volgende 30 jaar, is R1,000 vandag die ekwivalent van R5,740 oor dertig jaar.